track 6
(nota: Die songs op die live CD het nie titels nie, want hulle bestaan dikwels uit meer as een stel lirieke. Die lirieke hier is so 90% korrek, baie daarvan is on the spot opgemaak en ek kan dit eintlik glad nie onthou nie... Hierdie is soos hulle op ons lyricsheet staan.)
kos vir die miere
in die posbus is ‘n dun wandelpad uitgevee
gesigte in die vensters van koeverte
spring uit hoë geboue
spring uit hoë gebou
laat jou haat kos word vir die miere
laat die diere daarop wei
sit dit in die wind
dat dit wolke word
uitreen oor die land
gras word in vleie
varings in die klowe
maaiers in dooie herte
dorre here dorre here
laat jou haat los in die strome
vir visse om te asem
hulle knak onder die gewig
van die mense se woede
omgeploegde lande
streke sonder naam
voed die aarde met reen
strooi jou sondes tussen klippe
elke man vir homself
elke vrou en kind
laat jou haat kos word vir die miere
slegte nuus uit die hemel
die hekke is gesluit tot maandag ensovoorts ensovoorts