track 4
(nota: Die songs op die live CD het nie titels nie, want hulle bestaan dikwels uit meer as een stel lirieke. Die lirieke hier is so 90% korrek, baie daarvan is on the spot opgemaak en ek kan dit eintlik glad nie onthou nie... Hierdie is soos hulle op ons lyricsheet staan.)
ons maak onsself dood
kyk hoe
kom die nuus nou, stuksgewys, swysende vonke, blou-blou lig, dak van ‘n
gestig wat vuis oplig, opgedroogde sonlig, schoongezicht se uitsig, sonsondergang,
gaan maar jou gaan in jou wentelbaan, ons weet mos jy woon waar die sekelbosse
staan, in ‘n papwiel karavaan sonder ‘n naam, so stort maar jou
trane, slag al jou hane, suig leeg jou are, pluk uit jou hare en slaak ‘n
sug van...
verligting, verkragting, versagting, (van vonnis), verslawing (aan slawe), versoening,
(vir soene), verstikking, (in stikland), verminking, versugting – versigtig!
– vir verdrinking, vir dronkheid, die donker, vir deernis, ... en derms
uitryg, ‘n gehyg in die bosse van die brandmaer osse, wat een vir een
geslag word – tjoptjop aftjop – dis reeds in die hormone, ons lieste
is steriel en ons kinders is seniel, daar’s niks aan te maak, dis ‘n
uitgemaakte saak.
hier kom die vloed nou, kant aan wal, die stede die dorpe die damme het geval, met die misdaad in oordaad, die staat in ‘n daze, muise deur ‘n maze en die gedruis van AIDS, never mind die bloed en die bomontploffingsgloed, dis die wêreld se gestamp wat ons koppe vasklamp, militêre kolomme, lang-afstand bomme, pre-emptive war, stukkende peaces en die pieces don’t match, catch nog ‘n virus – hier kom die Ebola - bloed by jou ore uit, spuit by jou mond uit, gryp by jou binne in, lewer en niere, fyngemaalde kliere, die ure op jou uurglas? een.
een-een
die ark in, vasgebind aan geld, wie kan dit bekostig? wie gaan dit ontgeld?
waar bly die hoop? (weg op die ashoop?) loop jy op die rand van die afskil afgrond?
besoedel jy die lug of is die osoongat ‘n klug? hoekom vrek die paddas
in die vleie en die visse in die damme en die diere in die lande en die babas
sonder tande? dis die PCBs in plastic die DES in PVC, die estrogeen-vlakke wat
wild fluktueer, die endokriene stelsel geindoktrineer, en die DDT, die DDT,
DDT, wat die breine laat krimp, ADO laat styg en sperm counts laat drop. want
die placenta is ‘n sif, die dood kom deur...(die deur klap toe, die deur
klap toe...)
wie’s die gevaarman, die laksman, die skelm? die man met die skurwebaard?
die dames met die skêre? die skuinslê-kinders met die buttons en
die gom? (en die tik-tik) of die dom dom donners wat die gunfire like? die nurse
by die clinic? die dagblad cynic? die streetcorner stoic? wie bring die goeie
nuus, wie vonnis dood? wie bring die bruinbrood, wie kou die lood? dis die trane
teen die mure, die toustaan ure, die afgeveede hande, die skitterskoon harte
en die voëls in die lukwarte in die diep Desember-dae, die klaargelaaide
shotgun in die staalblou staalkluis, ‘n voosgenaaide visie van jou eenman-missie,
jou persoonlike verkiesing tot eerste minister van jou eie kabinet in jou eie
republiek.
(moenie dat hierdie tipe dinge jou onderkry nie). byt vas, dit is het einde
niet, opstaan elke dag, en doen die dinge:
bid, bak brood, bestuif en besoedel en sort uit jou boedel, want die bedelaars,
die boemelaars, die boewe en die bendes, is in jou, vir jou, om jou...
sing, staan saam, juig en jubel en jaag julle karre, want die dokters, die dominees,
die dik ou tannies, die dames met die skene en die skisofrene, die manne in
die treine of die aeroplane, is in jou, vir jou, om jou...
met jou
opmekaarklap kake jou skerp okapi kapmes
hy’s een van hulle hy’s een van julle
(fade out met ‘bid, bak brood etc, crossing with ‘in jou om jou, repeats)