track 3
(nota: Die songs op die live CD het nie titels nie, want hulle bestaan dikwels uit meer as een stel lirieke. Die lirieke hier is so 90% korrek, baie daarvan is on the spot opgemaak en ek kan dit eintlik glad nie onthou nie... Hierdie is soos hulle op ons lyricsheet staan.)
psalms & gesange
prys die here god vir lugpos, jubel sy naam vir padkos,
manna in die honger, ‘n lig in die chaos,
nes muhammed & buddha & mao
mandela & ra & rudi koertzen
selfs broeklosmaak en water afslaan,
al hierdie dinge dra hul stempel
hul groot rooi krone en vyf blou kolle met vyf goue sterre
prys die here god vir blowjobs, jubel sy naam vir email
ons is wilde diere, die plesier is in die detail
sms my dame, my cellphone wat oopflip
sien jou dus later, ontmoet vir ‘n cocktail
swaai julle sterte, sing julle liedjies
in die knus vinkneste wat wieg in die biesies
die soundtrack, die soundtrack herhaal homself herhaal homself
prys die here god vir geboorteskenk, jubel sy naam vir ‘n wenresepwenk
want ons like koekies en kinders is te dierbaar
stof die vaalseun af, die dames wys been
die stadsaal se ligte aan, die dorp byeen
die skare beweeg saam en almal eet koek
al die voedvrouens sit julle vingers in die lug!
skud julle lywe en lek julle manne se baarde skoon!
prys die here god vir begrafnisstoet, jubel sy naam vir verdunning van bloed
want ons is lief vir mekaar en ons skaar bymekaar
selfs wanneer die lope in ons gesigte bly staar
en die agtermekaarkarre wat vorm in ‘n laer
die land breek oop en die skulp dop om
die son verdwyn en ons braai oor ‘n drom
uit die huis speel die tunes van ‘n CD-ROM
en ons dink aan ons vriende in die strate van London
wat al so lank weg is, ons sal hulle nooit herken nie
prys die here god vir eenvoud, jubel sy naam vir ‘n misverstand
prys die here god vir megan mckenzie, jubel sy naam vir hardekoolhout
prys die here god vir disprins, jubel sy naam vir blitz
prys die here god vir soekers wat vind, jubel sy naam vir die drome van ‘n
kind
prys die here god vir die suidewind, jubel sy naam vir aftog blaas
prys die here god vir ‘n bankbalans, jubel sy naam vir die riel
prys die here god vir blowjobs, jubel sy naam vir email
prys die here god vir lugpos, jubel sy naam vir padkos
piesangbrood, broodbome, naaldekokers
petrol ingooi, vrugte inmaak, en blapse maak