OK, this will take a while to load, so go click the kettle.

The I Killed A Muishond In Gauteng Just To Watch Him Die Tour Diary, roughly.

5 April - Woensdag. Righard en ek verlaat Kaapstad. Ons slaap die aand in Noupoort nadat ek 'n groot traffic trap slaan net duskant Hanover. Noupoort was vreemd, ons praat nie daaroor nie.

6 April - Donderdag. Ek neem 'n foto vir Insig in Noupoort, van die sogenaamde Pitbull Pastoor. Hy ry 'n groot, vinnige swart Volvo. Gil en Stephen vlieg uit die Kaap en hulle kom omtrent dieselfde tyd in Johannesburg aan as ons. Jon was there all along. We play a rad gig at Bohemia in Richmond, place was packed. Trike, Plank, Bacchus Nel en Rokkeloos speel saam - soos hulle die res van die toer ook sou saamspeel - en dinge begin lyk na moeilikheid. During our set, the electricity on stage tripped twice, the second time proving a fatal blow for Jon's keyboard (sorry, Cassette). We get a bit drunk.

7 April - Dieselfde bands speel 'n lekker show by die Nile Crocodile in Pretoria, maar niemand het opgedaag om te kom kyk nie. Die 15 mense wat wel daar was - julle is befok! Die bands het egter 'n lekker tyd gehad, dis 'n great stage om op te speel daai. Ek dink die beste woord om ons set mee te beskryf is 'abstrak'. Dit was alles vreemd, maar totally ok. Later ontmoet ons ook 'n lang-verlore fan, Jane Dowd. Ons crash by twee van die Rokkeloses - Petro en Loandi - se flat in Arcadia. Dit raak 'n laat aand van kuier. Auriel en Loandi en Jon entertain ons met tunes. Befokte mense.

Auriel jol ons 'n tune. En Rokkeloos se setlist en smokes na hulle gig by die Nile.

Loandi - hoe fokken talented is sy? Baie. Ons het witwyn gedrink. Regs bo betower Stephen vir Prinses Petro.

8 April - Dis Saterdag en ons het nie 'n gig nie. Ons rus by Gil se ouers se huis. Stephen vlieg terug huis toe, aangesien hy nie die res van die shows kan maak nie, weens werk. Jon goes to record a vocal for our old varsity friend, Zubz, to appear on his forthcoming album.

Jon and Zubz. Gil taking a nap. Jon in traffic.

9 April - Weer nie 'n gig nie. Vat dit rustig. Ons braai by Rebecca se huis and a bunch of old friends come around. Die band scatter. Ek crash in Brixton, Gil noorde, Righard elsewhere en Jon in daai plek waar hy bly, wat dit ook al is.

Hier gooi ons 'n ligte braai by die Kahns se huis in Brixton. Later het dit gereen. Reen het die hele week gefeature. Regs bo is Jane, 'n heldin.

Leanne was in town from Serowe - bonus. W40 started with her, you know. Rebecca, lady of the backyard. Jono, the palmtree man.

10 April - Maandag. Ons record 'n lang interview saam met Johann Botha vir RSG Botha Blues. Die interview word drie weke later uitgesaai, met klomp van ons nuwe tunes wat die eerste keer op die radio gehoor word. Johann speel ook Cassette en 'n hele spul goed van Righard se label, One Minute Trolley Dash. Befok. Righard jol 'n lekker solo show in die Berlin Bar in Melville daai aand.

Drie generasies Kahns. We like them a lot.

11 April - Dinsdag. Die hele line-up speel weer, die keer by Back2Basix in Westdene. Weer lekker baie mense, thanks vir die support ouens. Johan 'Vetseun' Meyburgh verskyn uit die niet en ons hang lekker saam die res van die week.

The N1 offers a moment.

12 April - Woensdag. Ek en Righard piekel deur Pretoria toe vir 'n oggend-interview op TuksFM. Hulle speel 'Die Volk Is In Die Kak' en ek wys die DJ die ooreenkomste met Everlast se 'What It's Like'. Ons sit lank in die kafeteria en krieket kyk, Engeland teen India, maybe. Aangesien Jon en Cassette Splashy Fen toe gaan en Gil pesach saam met sy gesin vier, jol ek en Righard alleen by Cafe Barcelona. Weer eens baie stil crowd, maar die bands het pret anyway. 'n Paar vriende kom van ver om die show te check - thanks mense. Ons crash weer by die Rokkeloses. Vroeer die dag het ek en Righard by my neef Diek Grobler en sy partner in crime, Charles Badenhorst, gaan kuier. Hulle doen interessante animation en gaan 'n musiekvideo maak vir een van ons nuwe tunes, heel moontlik 'Ek & Jy'.

Righard lees Ons Klyntji in Petro-hulle se woonstel. Regs maak Diek en Charles vlamme vir 'n jet wat hulle besig was om te animate. In die tuin.

Diek maak koffie. Righard tokkel. Petro met 'Kennis van die Aand'. Ek kannie sien wat op haar t-shirt staan nie.

13 April - Donderdag. Ditto. Ons doen Pretoria op rustige voet. Meeting met Ferdi van JNS, wat Buckfever se CDs al van dag een af versprei. Hy's bietjie moedeloos met die music business en tune hy import deesdae Russiese huisware om die pot aan die kook te hou. Maar hy's keen om ons volgende album ook te versprei - respek. Net ek en Righard speel die aand, die keer saam met Bacchus by die Steak & Ale. Dis volmaan en die maan kom op oor Lyttelton soos iets waaroor Jim White sing - "these are my people, my church without a steeple". Riku Latti is ook daar en hy jol 'n paar tunes na die tyd. Verkoop die laaste paar Ons Klyntjis en ontmoet vir Henk van www.meanwhile.co.za. Ons beraam planne. Na die show ry ek en Righard en Johan agter Riku aan na sy ouers se stukkie bosveld net duskant Magaliesburg. Daar gekom, braai ons in die vroee oggendure. Was dit befok? Daar is nie woorde nie.

14 April - Vrydag. Riku se ma trakteer ons op ontbyt en koffie en sjerrie. Ons stap 'n draai op die plaas. Ons moet nog in die pad val Oppikoppi toe, want ons speel daai aand, maar dit raak moeiliker en moeiliker om in die kar te klim.

Riku, Johan en Righard - laatnag by die Sasol Shop oppad Magaliesburg se kant toe. En die volgende oggend. Vrede.

"Op die plaas, ja die boere wil ons vang, die landlord wil ons uitskop, op die plaas." - Bacchus weet.

Hoe het die wolke gelyk toe ons daar weggery het?

That night we played a lekker gig at Oppikoppi. Altyd 'n plesier.

15 April - Saterdag.

Chris. Jon. Gil. Liam.

16 April - Sondag.

Petro gee vir Conrad haar telefoonnommer. Loandi ken dit. Middel: Mmm. Vriende. Regs: Righard op die oomblik toe hy erken het dat hy sy siel verloor het. Dit was sy eerste keer by Oppikoppi, what can we say.

Vriende. En nog vriende.

Zander Blom en Warren van Rensburg. Ek en Johan.

Guy Swinnen vat dit rustig. Matthew van der Want en Anika.

Gil op die punt om wakker te word. Regulasie ontplooiing van magte.

Huistoegaantyd.

17 April - Maandag. 06:05 staan ek en Righard op en begin ry. Ons ontbyt in Rustenburg. Vat die agterpaaie deur die Vrystaatse platteland, Orkney, Bothaville, Wesselsbron en Bultfontein voor ons by Bloemfontein op die N1 klim, waar dit summier begin reen, al die pad tot in Beaufort-Wes.

Sonopkoms buite Northam. Dashboard confectionary, Vrystaat platteland. Ons het al ons CDs geluister, drie keer.

Righard in Bothaville. En in Beaufort-Wes (aandete). Koop 'n nuwe kak geel kar. Plak sinnelose stickers op. Go for it.

Agter die toiletdeur by die Bothaville Shell.

Ons arriveer 23:30 in die Kaap, die laaste druppels van die Paasverkeer. Ons gaan slaap.

Die muishond word ter aarde bestel.