die son gaan onder en die donderweer kom op, oom willem kom
binne en gooi sy eerste dop, eers brandy en coke want sy plaas is broke, dan
cane teen die pyn, rum vir sy kop en Castle vir die leeu teen die muur opgestop,
stop by die TV, halfpad na die knop, by die voordeur klop ‘n vinger die
electric klok, liggies soos ‘n bok in ‘n slaghuistrok, gebind, gereed
en reggemaak vir die blok, die sisi het mos al lankal die hoenders op hok, wie
de fok kan dit wees, Escom, of die bure, of die nag se wilde diere?
oom willem strikes back teen die forces of evil, vuisvoos en moedeloos, motherless
en tandloos, los hy die print van ‘n koeël teen sy ken – one
shot willem, so’t hulle hom geken. renjaer en swemmer, knopknieë
en al, dis die duiwel se lewer wat so braai in die dal, dis sy gal wat so bloei
onder jou voeteval. dis sy roepe wat so ratel snags in jou katel, hy spartel
en hy spartel want oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike, oom
willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike
oom willem staan nader, skadu gladder, langer , dunner soos thinner, maerder
as ‘n model, ‘n rooi Edgars hanger teen die skemer, ingespanner,
alleen, maar getrain, ‘n ninja met ‘n kierie kielie-kielie hy die
slot, bring die glas na sy mond, geslepe en geslyp deur jare op sy eie, ‘n
waghond, ‘n reier, ‘n roereier-miskruier, derdespan breier, voorslag
voortrekker kampkommando-leier, laatnag vryer in die koeksister-voue van die
VLV by die damestee op goedgegund, goedgunstiglik, met ‘n grinnik in sy
tande
want oom willem strikes back teen die forces of evil vuisvoos en moedeloos,
motherless en tandloos, los hy die print van ‘n koeël teen sy ken
– one shot willem, so’t hulle hom geken. renjaer en swemmer, knopknieë
en al, dis die duiwel se lewer wat so braai in die dal, dis sy gal wat so bloei
onder jou voeteval. dis sy roepe wat so ratel snags in jou katel, hy spartel
en hy spartel want oom willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike, oom
willem het gestrike, hy’t hom fokkol gelike
dis net hy alleen, saam met sy hond, Neville, op die plaas met sy Vauxhall-wrakke
en sy geroeste sign wat sê hier bly ‘n boer en sy roer, en sy dooie
broer met sy hoenders en sy Dorper-ooie en sy wit toyota hilux bakkie en sy
groen John Deere. oom willem strike dit rustig op sestig, gevestig en gesettle
en gesond soos sy hond. super 12 op die tv, rol boerie op die braai en BB by
sy pyp ingestop, want hy is fokkol getraak met die tutsis, of die tutus of die
kaizer chief scores nie, net skommel in sy stoel op ‘n soel somernag toe
die klokkie klingeling en Neville weer blaf