We know you're out there somewhere. And we don't mind if you burn our CDs for your friends.

We want to put some pictures and words and things about you up here. So send us a photo of yourself, tune us a bit, even if you are misunderstood. Email toast@bastardmedia.co.za

Ag wat 'n blye tyding was dit toe nie anderdag nie. Nie net een nuwe fan nie, maar sommer twee gelyk: Die Belgiese paarde, Sjos en Freni:

Sy heet Sjos, sy is 'n Belgiese kameelpaard (links) en haar gunsteling boek is 'Lonely Planet: Japan.' Sy is inkennig, maar nie insecure nie.

Haar grootste vriendin is Freni, 'n Belgiese paard (regs bo). Hulle is albei verlief op Zinedine Zidane, maar respekteer die feit dat hy gelukkig getroud is en vier seuns (Enzo, Luca, Theo en Byaz) het. Hulle het nog nooit spin the bottle gespeel nie en vermy nagklubs uit vrees dat 'n brand op die dansvloer sal ontstaan en in 'n stormloop sal ontaard.

Hulle steur hulle niks aan die weer, die verhouding van die rand tot die pond of Sarie se jaarlikse Somer-dieet nie.

For about two years, Karl was our only fan. We still love him plenty:

naam: karl neef
gebore in: 1986, libertas hospitaal, kaapstad
bedags doen ek/ werk: studeer, oefen, lees, luister musiektjie, watokal
snags doen ek: kyk wrestling
average opstaantyd soggens: 08:00
laaste 5 cd's wat ek gekoop het: sugardrive - when i died i was elvis, tom waits - swordfishtrombones, primal scream - evil heat, foetus - gash, sunways - three
verste stad/plek noord wat ek al ooit in was: iewers in gauteng
my vriende dink ek is: mal
vertel ons nog iets: beste damn roadhouse in kaapstad - BURGER FAIR. bellville. as jy verby nobel park en die sanlam gebou in voortrekker is, ry jy nog net so entjie aan en aan jou linker kant sal jy die plek van die toekoms sien. ek dink oom willem het ook altyd daar geëet toe hy jonger was.